13 Maart 2027 · Simplicity Wedding Venue
Hoe dit alles begin het
As liefde 'n plek was, sou dit soos 'n laatmiddag tussen die berge gevoel het, stil, warm en sonder enige rede om ooit weer huis toe te wil gaan.
In jou het ek rus gevind, avontuur ontdek en wonder beleef, en vir die eerste keer 'n môre gesien wat groter was as enigiets wat ek self kon droom.
Jy het huis geword.
Nie 'n plek nie, net 'n gevoel. Die een waarna my hart nog altyd op pad was.
Ons oomblikke
1 / 20
1 / 20
Alles wat jy moet weet
Datum
Seremonie begin om 15:00
Onthaal & aandete daarna
Praktiese besonderhede
Ons sal dit baie waardeer indien julle teen 18 Januarie 2027 kan RSVP.
Nie seker of jy 'n metgesel mag saambring nie? Jou uitnodiging hou die geheim.
Al is ons ongelooflik lief vir julle kleingoed, sal ons hierdie dag slegs saam met ons volwasse gaste vier. Dankie dat julle verstaan.
Formeel
Dink aan ‘n goue sonsondergang laatmiddag tussen die berge.
Pinterest Inspirasiebord
Die Dames se Inspirasie
Ons Pinterest-bord is bloot inspirasie, trek aan soos nét jy kan.
Die Here se Inspirasie
Ons vra vriendelik dat mansgaste espresso-bruintone vermy, aangesien die kleur vir die bruidegom gereserveer is.
Ons sien uit na 'n warm somersdag. Ons moedig ons mansgaste daarom aan om ligte, asemende materiale te kies wat styl én gemak deur die dag sal verseker.
Absoluut! Daar sal ook 'n QR-kode beskikbaar wees waar julle al die foto's en spesiale herinneringe van die dag met ons kan deel.
Ons kan nie wag om ons troudag deur julle oë te beleef nie.
Neem hope foto's, wees spontaan, lag hard en geniet elke oomblik saam met ons.
Kontak gerus vir Suné by 071 676 4584.
(Wessel gaan jou in elk geval weer na haar toe verwys.)
Julle teenwoordigheid is werklik die grootste geskenk wat ons kan ontvang.
Indien julle graag iets ekstra wil gee, sal 'n bydrae tot ons wittebroodfonds baie waardeer word.
Geskenke
Julle teenwoordigheid is werklik die grootste geskenk wat ons kan ontvang. Indien julle graag iets ekstra wil gee, sal 'n bydrae tot ons wittebroodfonds baie waardeer word.
Bankbesonderhede
Oornag opsies
Bevestig jou bywoning
Ons het gekies vir 'n klein, intieme viering.
Bevestig asseblief jou bywoning teen 18 Januarie 2027.
Ons het jou RSVP ontvang.
Ons sien uit na die groot dag saam met jou.